Inligting vervat in

Youtube video's

Ten einde ons mense te bemagtig teen aanslae van die kommunistiese regering waar konserwatiewe landburgers gereeld en al meer en meer gearresteer word, selfs waar hulle heeltemal onskuldig is, het ons begin om videos op ons Youtube kanaal te plaas wat sommige van die prosesse verduidelik.  Indien jy van hierdie video's wil kyk, gebruik gerus die skakel hier onder wat jou direk na ons Youtube kanaal sal neem.  Waar inligting van teoretiese aard is, sal ons dit hier plaas ten einde nie hierdie akademiese inligting in die video te bespreek nie.  Die inligting kan dan hier nageslaan word, terwyl die video meer vloeiend die regsposisie verduidelik.
gallery/Youtube

Skedule 1 misdrywe:

*  Hoogverraad

*  Sedisie

* Openbare geweld

*  Moord

* Strafbare mansslag

* Verkragting en seksuele aanranding (met fyner detail oor die klagtes)

*  Seksuele misdrywe teen kinders of verstandelik gestremdes

* Mense handel

* Bestaliteit

* Roof

* Ontvoering

* Kinderroof

* Aanranding met die opset op ernstig te beseer

* Brandstigting

* Opsetlike saakbeskadiging

* Huisbraak met die opset om 'n misdryf te pleeg

* Diefstal

* Ontvangs van gesteelde goedere

* Bedrog

* Vervalsing en uitgifte

* Vervalsing van geld

*Enige oortreding, behalwe ontsnapping, waarvoor 'n vonnis van meer as 6 maande opgelê is sonder die keuse van 'n boete

* Ontsnapping

* Marteling

 

Skedule 5 misdrywe:

*Hoogverraad

*Moord

*Poging tot moord

*Verkragting

*Mensehandel

*Smokkel van dwelms waar die straatwaarde nie meer as R50000 is nie (met verdere detail ten aansien van fyner punte vd oortreding).

*Besit van vuurwapen of ammunisie sonder 'n lisensie (en ander oortredings in terme van die vuuwapen wet)

*Geldwassery, bedrog, vervalsing, diefstal en terme van die Korrupsiewet waar die bedrag meer as R500000 is (asook ander bepalings wat hiermee verband hou)

*Seksuele aanranding (met fyner detail oor beskrywing van die oortredings)

* Terrorisme

* Enige oortreding in terme van Skedule 1-

(a)waar die beskuldigde voorheen skuldig bevind is aan 'n oortreding in terme van Skedule 1 of

(b) waar die oortreding gepleeg is terwyl die beskuldigde vrygelaat is op borg op 'n ander klagte in terme van Skedule 1.