Handves van Menseregte

I

HOOFSTUK 2

HANDVE S VAN REGTE

Regte

7. (1) Hierdie Handves van Regte is 'n hoeksteen van die demokrasie in Suid-Afrika. Dit verskans die regte van alle mense in ons land en bevestig die demokratiese waardes van menswaardigheid, gelykheid en vryheid.

(2) Die staat moet die regte in die Handves van Regte eerbiedig, beskerm, bevorder en

verwesenlik.

(3) Die regte in die Handves van Regte is onderworpe aan die beperkings in artikel 36 of elders in die Handves vervat of genoem.

Toepassing

8. (1) Die Handves van Regte is van toepassing op die totale reg en bind die wetgewende, die uitvoerende en die regsprekende gesag en alle staatsorgane.

(2) 'n Bepaling van die Handves van Regte bind 'n natuurlike of 'n regspersoon indien, en in die mate waarin, dit toepasbaar is met inagneming van die aard van die reg en die aard van enige plig deur die reg opgele.

(3) By die toepassing van ʼn bepaling van die Handves van Regte op ʼn natuurlike of regspersoon ingevolge subartikel (2)–

(a) moet ʼn hof, ten einde gevolg te gee aan ʼn reg in die Handves, die gemene reg toepas, of indien nodig ontwikkel, in die mate waarin wetgewing nie aan daardie reg gevolg gee nie; en

(b) kan ʼn hof reels van die gemene reg ontwikkel om die reg te beperk, mits die beperking in ooreenstemming met artikel 36(1) is.

(4) ʼn Regspersoon is geregtig op die regte in die Handves van Regte in die mate waarin die aard van die regte en die aard van daardie regspersoon dit vereis.

Gelykheid

9. (1) Elkeen is gelyk voor die reg en het die reg op gelyke beskerming en voordeel van die reg.

(2) Gelykheid sluit die volle en gelyke genieting van alle regte en vryhede in. Ten einde die bereiking van gelykheid te bevorder, kan wetgewende en ander maatreels getrefword wat ontwerp is vir die  beskerming of ontwikkeling van persone, of kategoriee persone, wat deur onbillike diskriminasie benadeel is.

(3) Die staat mag nie regstreeks of onregstreeks onbillik teen iemand diskrimineer op een of meer gronde nie, met inbegrip van ras, geslagtelikheid, geslag, swangerskap, huwelikstaat, etniese of sosiale herkoms, kleur, seksuele georienteerdheid,ouderdom, gestremdheid, godsdiens, gewete, oortuiging, kultuur, taal en geboorte.

(4) Geen persoon mag regstreeks of onregstreeks onbillik teen iemand diskrimineer op een of meer gronde ingevolge subartikel (3) nie. Nasionale wetgewing moet verorden word om onbillike diskriminasie te voorkom of te belet.

(5) Diskriminasie op een of meer van die gronde in subartikel (3) vermeld, is onbillik, tensy daar vasgestel word dat die diskriminasie billik is.

Menswaardigheid

10. Elkeen het ingebore waardigheid en die reg dat daardie waardigheid gerespekteer en beskerm word.

Lewe

11. Elkeen het die reg op lewe.

Vryheid en sekerheid van die persoon

12. (1) Elkeen het die reg op vryheid en sekerheid van die persoon, waarby inbegrepe is die

reg om–

(a) nie arbitrer of sonder gegronde rede vryheid ontneem te word nie;

(b) nie sonder verhoor aangehou te word nie;

(c) vry te wees van alle vorme van geweld van hetsy openbare hetsy private oorsprong;

(d) op geen wyse gemartel te word nie; en

(e) nie op ʼn wrede, onmenslike of vernederende wyse behandel of gestraf te word nie.

(2) Elkeen het die reg op liggaamlike en sielkundige integriteit, waarby inbegrepe is die reg–

(a) om besluite oor voortplanting te neem;

(b) op sekerheid van en beheer oor hul eie liggaam; en

(c) om nie sonder hul ingeligte toestemming aan mediese of wetenskaplike eksperimente onderwerp te word nie.

Slawerny, knegskap en dwangarbeid

13. Niemand mag aan slawerny, knegskap of dwangarbeid onderwerp word nie.

Privaatheid

14. Elkeen het die reg op privaatheid, waarby inbegrepe is die reg dat–

(a) hul persoon of woning nie deursoek word nie;

(b) hul eiendom nie deursoek word nie;

(c) daar nie op hul besittings beslag gele word nie; of

(d) daar nie op die privaatheid van hul kommunikasies inbreuk gemaak word nie.

Vryheid van godsdiens, oortuiging en mening

15. (1) Elkeen het die reg op vryheid van gewete, godsdiens, denke, oortuiging en mening.

(2) Godsdiensbeoefening kan by staats- of staatsondersteunde instellings geskied,its–

(a) daardie beoefening reels nakom wat deur die tersaaklike openbare gesag gemaak is;

(b) dit op billike grondslag geskied; en

(c) bywoning daarvan vry en vrywillig is.

(3) (a) Hierdie artikel belet nie wetgewing wat erkenning verleen aan–

(i) huwelike wat aangegaan is kragtens enige tradisie, of ʼn stelsel van godsdiens-, persone- of familiereg nie; of

(ii) stelsels van persone- en familiereg kragtens enige tradisie, of wat nagevolg word deur persone wat ʼn besondere godsdiens aanhang nie.

(b) Erkenning ingevolge paragraaf (a) moet met hierdie artikel en die ander bepalings van die Grondwet bestaanbaar wees.

Vryheid van uitdrukking

16. (1) Elkeen het die reg op vryheid van uitdrukking, waarby inbegrepe is–

(a) die vryheid van die pers en ander media;

(b) die vryheid om inligting of idees te ontvang of oor te dra;

(c) die vryheid van artistieke kreatiwiteit; en

(d) akademiese vryheid en vryheid van wetenskaplike navorsing.

(2) Die reg in subartikel (1) omvat nie–

(a) propaganda vir oorlog nie; (b) die aanstigting van dreigende geweld nie; of

(c) die verkondiging van haat wat op ras, etnisiteit, geslagtelikheid of godsdiens gebaseer is en wat aanhitsing om leed te veroorsaak, uitmaak nie.

Vergadering, betoging, linievorming en petisie

17. Elkeen het die reg om vreedsaam en ongewapen te vergader, te betoog, ʼn betooglinie te vorm en petisies voor te le.

Vryheid van assosiasie

18. Elkeen het die reg op vryheid van assosiasie.

Politieke regte

19. (1) Dit staan elke burger vry om politieke keuses te doen, waarby inbegrepe is die reg om–

(a) ‘ʼn politieke party te stig;

(b) deel te neem aan die bedrywighede van, of lede te werf vir, ʼn politieke party;

(c) hulle vir ʼn politieke party of saak te beywer

(2) Elke burger het die reg op vrye, regverdige en gereelde verkiesings vir enige wetgewende liggaam wat ingevolge die Grondwet ingestel is.

(3) Elke volwasse burger het die reg om–

(a) te stem in verkiesings vir enige wetgewende liggaam wat ingevolge die Grondwet ingestel is, en om dit in die geheim te doen; en

(b) ʼn kandidaat vir ʼn openbare amp te wees en, indien verkies, die amp te beklee.

Burgerskap

20. Geen burger mag burgerskap ontneem word nie.

Vryheid van beweging en verblyf

21. (1) Elkeen het die reg op vryheid van beweging.

(2) Elkeen het die reg om die Republiek te verlaat.

(3) Elke burger het die reg om die Republiek binne te kom, daarin aan te bly, en op enige plek in die Republiek verblyf te neem.

(4) Elke burger het die reg op ʼn paspoort.

Vryheid van bedryf, beroep en professie

22. Elke burger het die reg om vrylik ʼn bedryf, beroep of professie te kies. Die beoefening van ʼn

bedryf, beroep of professie kan deur die reg gereguleer word.

Arbeidsverhoudinge

23. (1) Elkeen het die reg op billike arbeidspraktyke.

(2) Elke werker het die reg om–

(a) ʼn vakbond te stig en daarby aan te sluit;

(b) aan die bedrywighede en programme van ʼn vakbond deel te neem; en

(c) te staak.

(3) Elke werkgewer het die reg om–

(a) ʼn werkgewersorganisasie te stig en by een aan te sluit; en

(b) aan die bedrywighede en programme van ʼn werkgewersorganisasie deel te neem.

(4) Elke vakbond en elke werkgewersorganisasie het die reg om–

(a) sy eie administrasie, programme en bedrywighede te bepaal;

(b) te organiseer; en

(c) ʼn federasie te stig en by een aan te sluit.

(5) Elke vakbond, werkgewersorganisasie en werkgewer het die reg om aan kollektiewe bedinging mee te doen. Nasionale wetgewing kan verorden word om kollektiewe bedinging te reguleer. In die mate waarin die wetgewing ʼn reg in hierdie Hoofstuk eperk, moet die beperking aan artikel 36(1) voldoen.

(6) Nasionale wetgewing kan erkenning verleen aan vakbondsekerheidsreelings wat in kollektiewe ooreenkomste vervat is. In die mate waarin die wetgewing ʼn reg in hierdie Hoofstuk beperk, moet die beperking aan artikel 36(1) voldoen.

Omgewing

24. Elkeen het die reg–

(a) op ʼn omgewing wat nie skadelik vir hul gesondheid of welsyn is nie; en

(b) op die beskerming van die omgewing, ter wille van huidige en toekomstige geslagte, deur redelike wetgewende en ander maatreels wat–

(i) besoedeling en ekologiese agteruitgang voorkom;

(ii) bewaring bevorder; en(iii) die ekologies volhoubare ontwikkeling en aanwending van natuurlike

hulpbronne verseker terwyl dit regverdigbare ekonomiese en maatskaplike ontwikkeling bevorder.

Eiendom

25. (1) Niemand mag eiendom ontneem word nie behalwe ingevolge ʼn algemeen geldende regsvoorskrif, en geen regsvoorskrif mag arbitrere ontneming van eiendom veroorloof nie.

(2) Eiendom mag slegs ingevolge ʼn algemeen geldende regsvoorskrif onteien word–

(a) vir ʼn openbare doel of in die openbare belang; en

(b) onderworpe aan vergoeding waarvan die bedrag en die tyd en wyse van betaling of deur diegene wat geraak word aanvaar is of deur ʼn hof bepaal of goedgekeur is.

(3) Die bedrag van die vergoeding en die tyd en wyse van betaling moet regverdig en billik wees, en moet ʼn billike ewewig toon tussen die openbare belang en die belange van diegene wat geraak word, met inagneming van alle tersaaklike omstandighede, met inbegrip van–

(a) die huidige gebruik van die eiendom;

(b) die geskiedenis van die verkryging en gebruik van die eiendom;

(c) die markwaarde van die eiendom;

(d) die omvang van regstreekse belegging en subsidie deur die staat ten opsigte van die verkryging en voordelige kapitale verbetering van die eiendom; en

(e) die doel van die onteiening.

(4) By die toepassing van hierdie artikel–

(a) beteken die openbare belang ook die nasie se verbintenis tot grondhervorming, en tot hervormings om billike toegang tot al Suid-Afrika se natuurlike hulpbronne te bewerkstellig; en

(b) is eiendom nie tot grond beperk nie.

(5) Die staat moet redelike wetgewende en ander maatreels tref om, binne sy beskikbare middele, toestande te skep wat burgers in staat stel om op ʼn billike grondslag toegang tot grond te verkry.

(6) ʼn Persoon of gemeenskap wie se besitreg van grond regsonseker is as gevolg van wette of praktyke van die verlede wat op grond van ras gediskrimineer het, is geregtig, in die mate wat deur ʼn Parlementswet bepaal word, op of besitreg wat regseker is of gelykwaardige vergoeding.

(7) ʼn Persoon of gemeenskap wat na 19 Junie 1913 die besit van eiendom ontneem

is as gevolg van wette of praktyke van die verlede wat op grond van ras gediskrimineer het, is geregtig, in die mate wat deur ʼn Parlementswet bepaal word, op of teruggawe van daardie eiendom of billike vergoeding.

(8) Geen bepaling van hierdie artikel verhinder die staat om wetgewende en ander maatreels te tref om grond-, water- en verbandhoudende hervorming te bewerkstellig ten einde die gevolge van rassediskriminasie van die verlede reg te stel nie, op voorwaarde dat enige afwyking van die bepalings van hierdie artikel in ooreenstemming met die bepalings van artikel 36(1) is.

(9) Die Parlement moet die wetgewing bedoel in subartikel (6) verorden.

Behuising

26. (1) Elkeen het die reg op toegang tot geskikte behuising.

(2) Die staat moet redelike wetgewende en ander maatreels tref om binne sy beskikbare middele hierdie reg in toenemende mate te verwesenlik.

(3) Sonder ʼn hofbevel wat na oorweging van al die tersaaklike omstandighede toegestaan is, mag niemand uit hul woning gesit word en mag niemand se woning gesloop word nie. Geen wetgewing mag arbitrere uitsettings veroorloof nie.

Gesondheidsorg, voedsel, water en maatskaplike sekerheid

27. (1) Elkeen het die reg op toegang tot–

(a) gesondheidsorgdienste, met inbegrip van reproduktiewe gesondheidsorg;

(b) voldoende voedsel en water; en

(c) maatskaplike sekerheid, met inbegrip van gepaste maatskaplike bystand indien hulle nie in staat is om hulself en hul afhanklikes te onderhou nie.

(2) Die staat moet redelike wetgewende en ander maatreels tref om binne sy beskikbare middele elk van hierdie regte in toenemende mate te verwesenlik.

(3) Niemand mag mediese noodbehandeling geweier word nie.

Kinders

28. (1) Elke kind het die reg–

(a) op ʼn naam en nasionaliteit vanaf geboorte; (b) op gesinsorg of ouerlike sorg, of op gepaste alternatiewe sorg wanneer die kind uit die gesinsomgewing weggeneem word;

(c) op basiese voeding, skuiling, basiese gesondheidsorgdienste en maatskaplike dienste;

(d) om teen mishandeling, verwaarlosing, misbruik of vernedering beskerm te word;

(e) om teen uitbuitende arbeidspraktyke beskerm te word;

(f) om nie verplig of toegelaat te word om werk te verrig of dienste te lewer nie wat–

(i) onvanpas is vir ʼn persoon van daardie kind se ouderdom; of

(ii) ʼn risiko vir die kind se welsyn, opvoeding, liggaamlike of geestelike gesondheid of geestelike, morele of sosiale ontwikkeling inhou;

(g) om nie aangehou te word nie, behalwe as laaste uitweg, in welke geval, benewens die regte wat ʼn kind kragtens artikels 12 en 35 geniet, die kind slegs vir die kortste gepaste tydperk aangehou mag word, en die reg het om–

(i) afsonderlik van aangehoudenes bo die ouderdom van 18 jaar aangehou te word; en

(ii) op ʼn wyse behandel te word, en in omstandighede aangehou te word, wat met die kind se ouderdom rekening hou;

(h) om, in siviele verrigtinge wat die kind raak, deur die staat op staatskoste van ʼn regspraktisyn voorsien te word indien wesenlike onreg andersins sou geskied; en

(i) om nie regstreeks in gewapende stryd gebruik te word nie, en om in tye van gewapende stryd beskerm te word.

(2) ʼn Kind se beste belang is van deurslaggewende belang in elke aangeleentheid wat die kind raak.

(3) In hierdie artikel beteken “kind” iemand onder die ouderdom van 18 jaar.

Onderwys

29. (1) Elkeen het die reg–

(a) op basiese onderwys, met inbegrip van basiese onderwys vir volwassenes; en

(b) op verdere onderwys wat die staat deur middel van redelike maatreels in toenemende mate beskikbaar en toeganklik moet maak.

(2) Elkeen het die reg om in openbare onderwysinstellings onderwys te ontvang in die amptelike taal of tale van eie keuse waar daardie onderwys redelikerwys doenlik is.Ten einde doeltreffende toegang tot en verwesenliking van hierdie reg te verseker,moet die staat alle redelike alternatiewe in die onderwys, met inbegrip vanenkelmediuminstellings, oorweeg, met inagneming van–

(a) billikheid;

(b) doenlikheid; en

(c) die behoefte om die gevolge van wette en praktyke van die verlede wat op grond van ras gediskrimineer het, reg te stel.

(3) Elkeen het die reg om op eie koste onafhanklike onderwysinstellings tot stand te en in stand te hou wat–

(a) nie op grond van ras diskrimineer nie;

(b) by die staat geregistreer is; en

(c) standaarde handhaaf wat nie minderwaardig is vergeleke met standaarde by vergelykbare openbare onderwysinstellings nie.

(4) Subartikel (3) sluit nie staatsubsidies aan onafhanklike onderwysinstellings uit nie.

Taal en kultuur

30. Elkeen het die reg om die taal van eie keuse te gebruik en om aan die kulturele lewe van eie keuse deel te neem, maar niemand wat hierdie regte uitoefen mag dit doen op ʼn wyse wat met enige bepaling van die Handves van Regte onbestaanbaar is nie.

Kultuur-, godsdiens- en taalgemeenskappe

31. (1) Persone wat aan ʼn kultuur-, godsdiens- of taalgemeenskap behoort, mag nie die

reg ontse word om, saam met ander lede van daardie gemeenskap–

(a) hul kultuur te geniet, hul godsdiens te beoefen en hul taal te gebruik nie; en

(b) kultuur-, godsdiens- en taalverenigings en ander organe van die burgerlike gemeenskap te vorm, in stand te hou en daarby aan te sluit nie.

(2) Die regte in subartikel (1) mag nie uitgeoefen word op ʼn wyse wat met enige bepaling van die Handves van Regte onbestaanbaar is nie.

Toegang tot inligting

32. (1) Elkeen het die reg op toegang tot–

(a) enige inligting wat deur die staat gehou word; en(b) enige inligting wat deur ʼn ander persoon gehou word en wat vir die uitoefening of beskerming van enige regte benodig word.

(2) Nasionale wetgewing moet verorden word om aan hierdie reg gevolg te gee, en kan voorsiening maak vir redelike maatreels om die administratiewe en finansiele las op die staat te verlig.

Regverdige administratiewe optrede

33. (1) Elkeen het die reg op administratiewe optrede wat regmatig, redelik en prosedureel billik is.

(2) Elkeen wie se regte nadelig geraak is deur administratiewe optrede het die reg op die verskaffing van skriftelike redes.

(3) Nasionale wetgewing moet verorden word om aan hierdie regte gevolg te gee, en moet–

(a) voorsiening maak vir die hersiening van administratiewe optrede deur ʼn hof of, waar dit gepas is, ʼn onafhanklike en onpartydige tribunaal;

(b) die staat verplig om aan die regte in subartikels (1) en (2) gevolg te gee; en

(c) ʼn doeltreffende administrasie bevorder.

Toegang tot howe

34. Elkeen het die reg dat ʼn geskil wat deur die toepassing van die reg besleg kan word, in ʼn billike openbare verhoor voor ʼn hof beslis word of, waar dit gepas is, voor ʼn ander onafhanklike en onpartydige tribunaal of forum.

Gearresteerde, aangehoue en beskuldigde persone

35. (1) Elkeen wat weens ʼn beweerde oortreding gearresteer word, het die reg om–

(a) te swyg;

(b) onverwyld verwittig te word–

(i) van die reg om te swyg; en

(ii) van die gevolge indien daar nie geswyg word nie;

(c) nie verplig te word om ʼn bekentenis of erkenning te doen wat as getuienis teen daardie persoon gebruik sou kon word nie;

(d) so gou as wat redelikerwys moontlik is, voor ʼn hof gebring te word, maar nie later nie as–(i) 48 uur na die arrestasie; of

(ii) die einde van die eerste hofdag na die verstryking van die 48 uur, as die 48 uur buite gewone hofure, of op ʼn dag wat nie ʼn gewone hofdag is nie, verstryk;

(e) by die eerste verskyning in ʼn hof na die arrestasie, aangekla te word of verwittig te word van die rede vir die voortsetting van die aanhouding, of vrygelaat te word; en

(f) behoudens redelike voorwaardes, uit aanhouding vrygelaat te word indien die belang van geregtigheid dit toelaat.

(2) Elkeen wat aangehou word, met inbegrip van elke gevonniste gevangene, het die reg–

(a) om onverwyld van die rede vir die aanhouding verwittig te word;

(b) op ʼn regspraktisyn van eie keuse en om met daardie regspraktisyn te konsulteer, en om onverwyld van hierdie reg verwittig te word;

(c) om deur die staat op staatskoste van ʼn regspraktisyn voorsien te word indien dit andersins tot wesenlike onreg sou lei, en om onverwyld van hierdie reg verwittig te word;

(d) om die regmatigheid van die aanhouding persoonlik voor ʼn hof te betwis, en

vrygelaat te word indien die aanhouding onregmatig is;

(e) op omstandighede van aanhouding wat met menswaardigheid rekening hou,

met inbegrip van minstens oefening en die voorsiening, op staatskoste, van

toereikende akkommodasie, voeding, leesstof en mediese behandeling; en

(f) om in verbinding te tree met, en besoek te word deur, daardie persoon se–

(i) gade of lewensmaat;

(ii) naasbestaandes;

(iii) godsdiensraadgewer van eie keuse; en

(iv) mediese praktisyn van eie keuse.

(3) Elke beskuldigde persoon het die reg op ʼn billike verhoor, waarby inbegrepe is die

reg–

(a) om van die aanklag verwittig te word in voldoende besonderhede om daarop

te antwoord;

(b) om genoeg tyd en geriewe te he om ʼn verweer voor te berei;

(c) op ʼn openbare verhoor voor ʼn gewone hof;

(d) op ʼn verhoor wat sonder onredelike vertraging begin en afgehandel word;

(e) om by die verhoor teenwoordig te wees;

(f) op ʼn regspraktisyn van eie keuse en om deur daardie regspraktisyn verteenwoordig te word, en om onverwyld van hierdie reg verwittig te word;

(g) om deur die staat op staatskoste van ʼn regspraktisyn voorsien te word indien dit andersins tot wesenlike onreg sou lei, en om onverwyld van hierdie reg verwittig te word;

(h) om onskuldig geag te word, te swyg, en nie gedurende die verrigtinge te getuig nie;

(i) om getuienis aan te voer en te betwis;

(j) om nie verplig te word om self-inkriminerende getuienis af te le nie;

(k) om verhoor te word in ʼn taal wat die beskuldigde persoon verstaan of, indien dit nie doenlik is nie, dat die verrigtinge in daardie taal getolk word;

(l) om nie skuldig bevind te word weens ʼn handeling of versuim wat ten tyde van die handeling of versuim ingevolge of die nasionale reg of die volkereg nie ʼn oortreding was nie;

(m) om nie verhoor te word weens ʼn oortreding ten opsigte van ʼn handeling of versuim ten opsigte waarvan daardie persoon voorheen vrygespreek of skuldig bevind is nie;

(n) op die voordeel van die ligste van die voorgeskrewe strawwe indien die straf wat vir die oortreding voorgeskryf word, verander is tussen die tydstip waarop die oortreding gepleeg is en die tydstip van vonnis; en

(o) op appel na, of hersiening deur, ʼn hoer hof.

(4) Wanneer hierdie artikel vereis dat inligting aan ʼn persoon verstrek word, moet die inligting verstrek word in ʼn taal wat die persoon verstaan.

(5) Getuienis wat verkry is op ʼn wyse wat enige reg in die Handves van Regte skend, moet uitgesluit word indien toelating van daardie getuienis die verhoor onbillik sou maak of andersins vir die  egspleging nadelig sou wees.

Beperking van regte

36. (1) Die regte in die Handves van Regte kan slegs kragtens ʼn algemeen geldende regsvoorskrif beperk word in die mate waarin die beperking redelik en regverdigbaar is in ʼn oop en demokratiese samelewing gebaseer op menswaardigheid, gelykheid en vryheid, met inagneming van alle tersaaklike faktore, met inbegrip van–

(a) die aard van die reg;

(b) die belangrikheid van die doel van die beperking; (c) die aard en omvang van die beperking;

(d) die verband tussen die beperking en die doel daarvan; en

(e) ʼn minder beperkende wyse om die doel te bereik.

(2) Behalwe soos in subartikel (1) of in enige ander bepaling van die Grondwet bepaal,

mag geen regsvoorskrif enige reg wat in die Handves van Regte verskans is, beperk

nie.

Noodtoestande

37. (1) ʼn Noodtoestand mag slegs ingevolge ʼn Parlementswet verklaar word, en slegs wanneer–

(a) die voortbestaan van die nasie deur oorlog, ʼn inval, algemene oproer, wanorde, ʼn natuurramp of ʼn ander openbare noodgeval bedreig word; en

(b) die verklaring nodig is om die vrede en orde te herstel.

(2) ʼn Verklaring van ʼn noodtoestand, en enige wetgewing verorden of ander stappe gedoen na aanleiding van daardie verklaring, kan van krag wees slegs–

(a) vooruitwerkend; en

(b) vir hoogstens 21 dae vanaf die datum van die verklaring, tensy die Nasionale Vergadering besluit om die verklaring te verleng. Die Vergadering kan ʼn verklaring van ʼn noodtoestand vir hoogstens drie maande op ʼn keer verleng.

Die eerste verlenging van die noodtoestand moet geskied by wyse van ʼn besluit wat aangeneem word met ʼn ondersteunende stem van ʼn meerderheid van die lede van die Vergadering. Enige daaropvolgende verlenging moet geskied by wyse van ʼn besluit wat aangeneem word met ʼn ondersteunende stem van minstens 60 persent van die lede van die Vergadering. ʼn Besluit ingevolge hierdie paragraaf kan slegs na ʼn openbare debat in die Vergadering aangeneem word.

(3) Enige bevoegde hof kan beslis oor die geldigheid van–

(a) ʼn verklaring van ʼn noodtoestand;

(b) enige verlenging van ʼn verklaring van ʼn noodtoestand; of

(c) enige wetgewing verorden, of ander stappe gedoen, na aanleiding van ʼn verklaring van ʼn noodtoestand.

(4) Enige wetgewing wat na aanleiding van ʼn verklaring van ʼn noodtoestand verorden word, mag die Handves van Regte aantas slegs in die mate waarin–

(a) die aantasting streng deur die noodtoestand vereis word; en

(b) die wetgewing–(i) bestaanbaar is met die Republiek se verpligtinge kragtens die volkereg wat op noodtoestande betrekking het;

(ii) in ooreenstemming is met subartikel (5); en

(iii) so gou as wat na die verordening daarvan redelikerwys moontlik is, in die nasionale Staatskoerant gepubliseer word.

(5) Geen Parlementswet wat ʼn verklaring van ʼn noodtoestand magtig, en geen wetgewing wat verorden is of ander stappe wat gedoen is na aanleiding van ʼn verklaring, verleen toestemming vir of magtig–

(a) die vrywaring van die staat, of enige persoon, ten opsigte van enige onregmatige handeling nie;

(b) enige aantasting van hierdie artikel nie; of

(c) enige aantasting van ʼn artikel genoem in Kolom 1 van die Tabel van

Nieaantasbare Regte, in die mate teenoor daardie artikel in Kolom 3 van die

Tabel aangedui nie.

nsert a long beautiful story about your business and how it has started. Tell about your team members and write an article about the Founder of this business. Insert your own photos, so customers can learn about you more and trust you.

Insert a long beautiful story about your business and how it has started. Tell about your team members and write an article about the Founder of this business. Insert your own photos, so customers can learn about you more and trust you.